Geagte ELK Tak-Eienaar/Bestuurder,

Waar ons  middel Mei aan die einde van die installasie van die kaste by Rusticana No 1 gekom het en nou ook amper aan die einde van die restorasie van ons meenthuis is , wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om my opregte dank uit te spreek  vir die uiters professionele wyse waarop die Ontwerperskonsultant, Henri de Wet as ook die Installeerder, Frans Jooste ons kasteprojek hanteer het.Waar ek as kliënt maar taamlik negatief gevoel het om, vanuit ñ groot gerieflike woonhuis,  af te skaal na die beperkte spasie van ñ meenthuis, kan ek nou, a.g.v maksimum benutting van die beskikbare kasspasie met ñ positiewe gemoed uitsien om die meenthuis te betrek.

Ek wil graag ELK  (BLOEMFONTEIN TAK) komplimenteer met die vriendelike, gasvrye wyse waarmee die hele ELK (BLOEMFONTEIN TAK) span sy kliënte ontvang.  Die Ontwerperskonsultant, Henri de Wet, het ons ten alle tye op ons gemak laat voel vanaf ons eerste besoek aan ELK se vertoonlokaal asook tydens die beplanningsproses. Hy het my  werklik verstom met die geduldige wyse waarop hy my versoeke en veranderings (nadat hy sekerlik ure aan sy voorstelle gewerk het) aangebring het. Ek is deurentyd verseker dat die uiteindelike tevredenheid van die kliënt sy prioriteit is. Ek kon ten alle tye op Henri de Wet se goeie raad staatmaak en het nooit getwyfel aan sy toewyding nie. Hy het in sy ontwerpe werklik elke moontlike praktiese cm² benut.  Tydens die installasie was ons  ook bewus van Henri se deurentydse betrokkenheid op die perseel om te verseker dat die installasie korrek en vlot geskied. Ons kon werklik met gemoedsrus toekyk hoe al die planne op papier omskep word in praktiese, prentjie-mooi kaste.

Ook wil ons die installeerder, Frans Jooste, wat aan ons projek toegewys is, hoog op prys stel. Geen moeite was vir hom te veel nie en geen vervaardingsprobleem ñ onoorbrugbare probleem nie. Sy vakmanskap is puik.  Die sukses van die ontwerper se eindproduk hang grotendeels af van hoe goed die installasie gedoen word. Die beste ontwerp gemaak van die beste material  kan ñ ramp wees  onder die hand van ñ onbekwame installeerder!    Frans Jooste was baie deeglik in alles wat hy gedoen het. Hy kies nie ‘maklike, kortpad’ metodes net om die werk gedoen te kry nie. By hom word die werk op die regte manier  gedoen.   Netheid, presiesheid, deeglikhied en perfeksionisme  beskryf die  vakmanskap wat ons by  Frans ervaar het. Selfs ook by Steven wat vir hom werk . ELK kan voorwaar enige projek met vertroue aan Frans Jooste toevertrou.  In ñ wêreld waar gehalte en waardes aan die afneem is, is dit werklik  aangenaam om iemand teë te kom wat met reg soveel trots in sy werk toon!  So ñ installeerder is ñ besigheid soos ELK se beste bate en elke ontwerper se ideale installeerder!  

 

Ten slotte wil ek  ELK (BLOEMFONTEIN TAK) gelukwens met hul pragtige vertoonlokaal. Dit is werklik ñ plesier vir ñ kliënt om daar in te stap en die verskeidenheid kaste te besigtig. Ek gee my  versekering  dat ek, met vrymoedigheid, in die toekoms familie, vriende en kennisse na ELK toe sal verwys. ñ Tevrede kliënt is enige besigheid se beste bemarker!  Mag ELK en sy ‘beste bates’ (Konsultantes & Installeerders)goed na mekaar omsien en net groei van krag tot krag!

 

Seënwense

Audrey Smit

2018-05-04T10:57:35+00:00